Monday, 20 January 2020

shhht!



‘n ernstige shhht!
‘n doodse stilte val in die klein saal

die ou swaar deur kraak en ‘n lig kruip die gangetjie af
…dis toe dat die leier verskein en versigtig daar in wals
al agter sy skaduwee aan, vorentoe

effe ongemaklike in skoene wat duidelik knap druk;
uitgevat in ‘n formele pak gesny uit jammerlappies
met naate netjies  toegewerk met
toiing-garing van beknopte politieke beloftes en
‘n lang oorjas van wolhaar-kombersie
en ‘n watwatse kravat uit afdroogdoek
en volg sy skadu, na die stage
die mic was aan op die mic stand
die stage was geset en hy was dressed for die occasion.

ughum! Hy maak keel skoon. Die mic werk.
die stilte verdiep, en hy haal saam asem in…

No comments:

Post a Comment