Wednesday, 8 March 2017

storielyn


asyn,
witwyn,
samesyn,
storielyn,

vee die blad
met asyn,
meng die verf
met witwyn,
my land, jou werf
vir samesyn,
en so verdwyn
my storielyn,

verf die landskap rooi
horison met kwas en klei
waar bome bloei en mense gly
en al wat bly van veld is vlei

windverwaaid en ongenooid
kom vind ek self die plek van nood
waar mens lewe vir water en brood
en daar ‘n prys hang op ‘n ander se dood
!gda

No comments:

Post a Comment