gestroop van self en koers
die pad verbeister
leemte het opgeraak
leeg geloop in ‘n verlamde uurglas
vervalle in doodloopstraat,
‘n plakkerskamp op niemandlandsvlakte
wat grens aan private eiendom
gemerk met ‘n vreemde kruis
omring met hakkiesdraad wat strop trek
bewaak met biskruit en die dood wat hang,
bekom deur verkragting van die siel
kranksinnige uitbuiting van die vlees
verpletterd getap van lewenswaardigheids- sap
emosie gestomp, bedwoof en bedwelm
in willekeurige slawerny
met bybel en wyn,
die loon
die vuil bloed wat loop in die are
en uit die hartpomp van die arme,
wat broer met ‘n lem in die rug beboet
en suster plats dronk ver-onmin
daar’s ‘n ondingskap gesmelt
‘n polymorph uit die vuurherd van volgehoue
rasse hitte, gestook deur haat, veraat,
gulsig-gierigheid en vrees
die onbekende alleen ken
die koloniale ghetto se geheim,
die wit olifant, die swart skaap
die boesmanskind
verdrukkersmaskers behou die skein
op die on-ding wat sluimer
in die lamheid van dinge
liefs onaangedaan gelaat
!gda
Saturday, 3 December 2016
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment