Monday, 3 May 2021

plotte

 die sout van hul snot en trane stort nog en los historiese patrone
wat leef soos los klippe in drome op rots tekeninge vertrap

om te weën, bly ‘n bitter-soet vreugde om te ken as mens wat staan
in lyn vir jou erfenis in suurgrond as jou plekkie in die son

‘n krom lyn van eer vir jou mensereg in ‘n stembus, as pad na warmte
die bloedkruisie trek gou koud, die spoeg is nog nat, ver van droeg
!gda

No comments:

Post a Comment