ontketen in die weergalm
van ‘n mis-horing wat dofweg
sein in die blindheid van die kus
weerklink diepe hunkeringe
wat in vergete inhamme resoneer
van liggame ontneem,
teer van verplaasde emosie
en skaafplekke wat erens verset
in die uithoeke van die bewussyn
stom van beskrywingstaal
vir die kollektiewe daad
wat ‘n geestesplek vind in die skadus
wat val onder die blik van lig
wat skyn deur die glewe van verlange
en aanklank vind in die gange
van ‘n wording gevoed
uit die kreet van die vishoring
die fluit van die melkman
die klokkie van die ice-cream waentjie
die eentoon van die smouse se roepstem
die gedreun van die bene-lorrie
die pyn van geheue kwyl
soos ‘n ou hond met rummatiek
as die klokke lui
in die klipkerk toring
en reverbereer deur die wese
van ‘n generasie in onrus
as die mis-horing weer galm
!gda
van ‘n mis-horing wat dofweg
sein in die blindheid van die kus
weerklink diepe hunkeringe
wat in vergete inhamme resoneer
van liggame ontneem,
teer van verplaasde emosie
en skaafplekke wat erens verset
in die uithoeke van die bewussyn
stom van beskrywingstaal
vir die kollektiewe daad
wat ‘n geestesplek vind in die skadus
wat val onder die blik van lig
wat skyn deur die glewe van verlange
en aanklank vind in die gange
van ‘n wording gevoed
uit die kreet van die vishoring
die fluit van die melkman
die klokkie van die ice-cream waentjie
die eentoon van die smouse se roepstem
die gedreun van die bene-lorrie
die pyn van geheue kwyl
soos ‘n ou hond met rummatiek
as die klokke lui
in die klipkerk toring
en reverbereer deur die wese
van ‘n generasie in onrus
as die mis-horing weer galm
!gda
