Tuesday, 4 February 2020

sonsteek


die een roep, ko gou saam
fluks, vra rie anne een nog, waantoe
toe sê daai ene net, one-two,
soentoe. koud. uit… but is ‘n joke, ne
nou so garrit da…
vuilgat met mekaa, but koep gevriet
byrie baas en alles
soms net vir ‘n borrel vrottes
wat alewag half-lieg is,
vi “happines”, 24/7, but it loep uit
en as jy nie kan wyn koepie
da moet jy kan gevriet koep,
is cheapere ran rop
anyway, so garrit da
scars en blue eyes en gebeure
ma more, oor more, ma wee
vrinne, syp skelm-skelm saam
dan moer mekaa,
oor ma, ego en eer
of wyn of iets,
soesie waarheid,
dattie bloed loep op straat
en uitdroeg…
in’ie mirrag son…
more lê maar tog altyd vêr…
!gda